Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ram
ram [boodskap #128943] Di, 31 Desember 2019 06:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ram
Afbreking: ram
Uitspraak: /rɑm/


Selfstandige naamwoord: ram
Meervoud: ramme
Verkleinwoord: rammetjie
Meervoud van verkleining: rammetjie

Betekenis:
• Manlike skaap, bok of kleinerige wildsbok (groter wildsbokke is bulle).
• Toestel waarmee deure en poorte oopgeslaan word.

Gebruik:
• Die ram en ooi is saam op die veiling verkoop.
• Hulle storm die kasteel se poorte met 'n ram.

Antoniem:
• ooi

Afgelei:
• koggelram
• skaapram
• stormram

Vertaling:
Engels: ram; rammer
Nederlands: ram
Venda: khaba
Xhosa: inkunzi yegusha
Zoeloe: inqama


Werkwoord: ram
Verlede tyd: het geram

Betekenis:
• Om hard teen iets te stoot of te stamp.

Gebruik:
• Die polisie ram die deur oop.
• Die seerowers het teen die skip geram.

Vertaling:
Engels: to ram
Nederlands: rammen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rak
Volgende onderwerp: ramp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:44:23 MGT 2024