Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raaisel
raaisel [boodskap #128935] Ma, 30 Desember 2019 19:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raaisel
Afbreking: raai•sel


Selfstandige naamwoord: raaisel
Meervoud: raaisels
Verkleinwoord: raaiseltjie
Meervoud van verkleining: raaiseltjies

Betekenis:
• Iets waaroor 'n mens moet raai; wat 'n mens nie weet of kan oplos nie.
• 'n Ingewikkelde vraag waaroor 'n mens moet nadink (dikwels in die vorm van 'n grappie).

Gebruik:
• Wat presies gebeur het, bly 'n raaisel. Die polisie kon nie die raaisel rondom haar dood oplos nie.
• Hy het die raaisel sommer vinnig opgelos.

Spreekwoord:
• Dis vir my 'n raaisel. [Ek kan dit nie verstaan nie.]

Sinoniem:
• enigma
• kopkrapper

Afgelei:
• raaiselagtig
• raaiselagtigheid
• blokkiesraaisel

Vertaling:
Engels: riddle, puzzle, enigma
Nederlands: raadsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: raai
Volgende onderwerp: raaksien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:50:48 MGT 2024