Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » put
put [boodskap #128932] Ma, 30 Desember 2019 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou waterput.
'n Ou waterput.
put
Afbreking: put


Selfstandige naamwoord: put
Meervoud: putte
Verkleinwoord: putjie
Meervoud van verkleining: putjies

Betekenis:
• 'n Diep, pypvormige gat in die grond, dikwels met toegang tot ondergrondse water.

Gebruik:
• Die skaap het in 'n put geval en sy been gebreek.

Spreekwoord:
• Die kalf is in die put. [Dis 'n saak van dringende belang.]
• Wie 'n put graaf vir 'n ander, val self daarin. [Wie 'n ander nadeel wil berokken, word self daardeur getref.]
• As die kalf verdrink, word die put gedemp. [Wanneer die skade klaar gely is, word maatreëls daarteen getref.]

Vertaling:
Engels: well, pit
Nederlands: put

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: propvol
Volgende onderwerp: pyp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:52:00 MGT 2024