Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » preek
preek [boodskap #128921] Ma, 30 Desember 2019 14:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
preek
Afbreking: preek
Uitspraak: /prɪə̯k/


Werkwoord: preek
Verlede tyd: het gepreek

Betekenis:
• Om 'n godsdienstige boodskap van die kansel aan gemeentelede te bring.
• Om iemand te vermaan; 'n sedelike boodskap lewer.

Gebruik:
• Watter dominee preek Sondag?
• My ma preek al die hele week vir my oor my huiswerk.

Spreekwoord:
• As die jakkals die passie preek, moet die boer sy ganse oppas. ['n Skelm se vroom praatjies maak 'n mens agterdog.]

Vertaling:
Engels: to preach
Nederlands: preken


Selfstandige naamwoord: preek
Meervoud: preke
Verkleinwoord: prekie
Meervoud van verkleining: prekies

Betekenis:
• Die boodskap wat 'n predikant van die kansel in die kerk lewer.

Gebruik:
• Die dominee het 'n preek afgesteek soos nog nooit tevore nie.

Hiponiem:
• sedepreek
• strafpreek

Afgelei:
• preekbeurt
• preekstoel
• preekstyl
• preektoon
• preektrant
• preekvoorbereiding
• prekerig

Vertaling:
Engels: sermon
Nederlands: preek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pragtig
Volgende onderwerp: prent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:45:10 MGT 2024