Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pouse
pouse [boodskap #128918] Ma, 30 Desember 2019 13:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pouse
Afbreking: pou•se


Selfstandige naamwoord: pouse
Meervoud: pouses
Verkleinwoord: pousetjie
Meervoud van verkleining: pousetjies

Betekenis:
• 'n Kort rustyd of onderbreking in verrigtinge waartydens daar gerus of gespeel word.

Gebruik:
• Hulle speel elke pouse op die rugbyveld.

Vertaling:
Engels: pause, break, intermission
Nederlands: pauze


Selfstandige naamwoord: pous
Meervoud: pouse
Verkleinwoord: pousie
Meervoud van verkleining: pousies

Betekenis:
• Meervoud van pous; meer as een pous. Roomse geestelikes.

Gebruik:
• Pous Innocentius IX was die laaste in 'n reeks van drie pouse waarvan die pontifikate gesamentlik minder twee jaar geduur het.

Vertaling:
Engels: pope
Nederlands: paus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: potlood
Volgende onderwerp: praatjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:51:12 MGT 2024