Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pot
pot [boodskap #128916] Ma, 30 Desember 2019 12:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Potte op 'n stoof.
Potte op 'n stoof.
pot
Afbreking: pot


Selfstandige naamwoord: pot
Meervoud: potte
Verkleinwoord: potjie
Meervoud van verkleining: potjies

Betekenis:
• 'n Silindervormige houer wat gebruik word om goed in te bêre of kos in gaar te maak.
• 'n Rondte in sport of speletjies.

Gebruik:
• Sy kook 'n groot pot sop vir aandete.
• Is jy lus vir nog 'n pot tennis? Wil jy 'n potjie kaart speel.

Spreekwoord:
• Sy sit die pot mis. [Sy slaag nie.]
• Die hond in die pot vind. [Te laat kom vir ete.]
• Elke pot kry sy deksel. [Elkeen kry die maat wat by hom pas.]
• Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen. [Skeel kyk.]
• Hy moet die pot aan die kook hou. [Hy moet sake aan die gang hou.]
• Die pot verteer. [Al jou spaargeld uitgee, onaangenaamheid ondervind.]
• Moenie al die aanbrandsel uit jou pot krap nie. [Moenie al jou middele gebruik nie.]
• Die pot verwyt die ketel. ['n Ander vir 'n fout blameer wat jyself ook aan skuldig is]
• Jou eersgeboortereg vir 'n pot lensiesop verkoop. [Jou geestelike waarde en regte nie na behore waardeer en bewaar nie.]

Afgelei:
• blompot
• botterpot
• lolpot
• neulpot
• pappot
• soutpot
• teepot

Vertaling:
Engels: pot, jar; game
Nederlands: pot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swelgery
Volgende onderwerp: potlood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:52:45 MGT 2024