Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » patroon
patroon [boodskap #128890] So, 29 Desember 2019 07:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
patroon
Afbreking: pa•troon
Uitspraak: /pɑtro:n/


Selfstandige naamwoord: patroon
Meervoud: patrone
Verkleinwoord: patroontjie
Meervoud van verkleining: patroontjies

Betekenis:
• Munisie vir 'n vuurwapen; slagdoppie met kruit en koeël.
• Versiering wat op iets soos materiaal herhaal word; dekoratiewe figuur.
• Voorbeeld van iets, gewoonlik uit papier, wat gebruik word om nuwe items te maak; model; sjabloon; templaat.
• Vaste manier waarop dinge gedoen word.
• Die verdediger, beskermer of voorvegter van 'n organisasie; beskermheer; beskermheilige; skudsheer; skutsengel.
• Iemand (veral 'n kind) met innemende eienskappe.

Gebruik:
• Hy sit 'n patroon in een van die rewolwer se ses kamers en roteer die drom.
• Haar rok het 'n kleurvolle patroon.
• Sy is op soek na 'n patroon om 'n nuwe rok te maak.
• Die rugbyspan se spelpatroon is te voorspelbaar.
• Hy is as die klooster se patroon aangestel.
• Corné is 'n regte klein patroon.

Spreekwoord:
• Klein van persoon, maar groot van patroon. [Iemand se verstand en bekwaamheid word nie na sy liggaamlike grootte beoordeel nie.]

Afgelei:
• geweerpatroon
• leerpatroon
• weerpatroon

Vertaling:
Engels: cartridge; pattern; model, template
Nederlands: patroon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: passie
Volgende onderwerp: pen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:48:33 MGT 2024