Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pap
pap [boodskap #128879] Sa, 28 Desember 2019 09:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seun wat pap eet.
'n Seun wat pap eet.
pap
Afbreking: pap
Uitspraak: /pɑːp/


Selfstandige naamwoord: pap
Meervoud: pappe

Betekenis:
• Sagte kos van graanprodukte soos mieliemeel wat meestal saam met melk vir ontbyt geëet word.
• Iets wat aan die ontbytkos herinner.

Gebruik:
• Aangesien meel redelik goedkoop is, word pap deur baie mense as stapelvoedsel gebruik.
• Meng tot 'n pap en wend aan.

Spreekwoord:
• Jy maak die pap te dik aan. [Iets oordryf.]
• Hy praat of hy pap in sy mond het. [Onduidelik praat.]
• As dit pap reën, moet jy skep. [Elke geleentheid moet gebruik word.]
• Hy wil ook 'n hap in die pap hê. [Elkeen wil voordeel trek uit die saak.]
• Van die lepel na die mond, val die pap op die grond. [Moet nooit te seker van iets wees nie.]
• Pap word altyd warmer gekook as wat dit geëet word. ['n Saak word altyd erger gemaak as wat dit is.]
• Om iets draai soos 'n kat om warm pap. [Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.]
• Van die hand na die mond val die pap op die grond. [Op die laaste oomblik kan iets nog verkeerd gaan.]
• As die pap dik is, brand dit aan. [As 'n persoon te veel met ander omgaan, kom daar kwaaivriendskap.]

Hiponiem:
• hawermoutpap
• krummelpap
• mieliepap
• maltabellapap
• slappap
• stywepap

Vertaling:
Engels: porridge; paste, pulp, mash
Nederlands: pap
Xhosa: ipapa, 9


Byvoeglike naamwoord: pap
Vergrotende trap: paper
Oortreffende trap: papste
Attributief: pap

Betekenis:
• Baie sag, selfs loperig soos 'n vloeistof.
• Swak en sonder krag; moeg en uitgeput.
• 'n Wiel of band waarin daar nie genoeg lug is nie.

Gebruik:
• Die tamatie is al pap.
• Sy is baie pap na die operasie.
• Hy ruil die kar se pap band om.

Antoniem:
• styf

Vertaling:
Engels: soft, soaked; weak, flabby
Nederlands: zacht

Nota:
• Die woord "pap" is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sawwelyf
Volgende onderwerp: papegaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:44:43 MGT 2024