Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » optree
optree [boodskap #128858] Vr, 27 Desember 2019 06:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
optree
Afbreking: optree


Werkwoord: tree op, optree
Verlede tyd: het opgetree

Betekenis:
• Iets op 'n sekere manier doen; wyse waarop op gebeure gereageer word; manier van gedra en handel.
• Iets in die openbaar voor mense doen (soos 'n kunssinnige vertoning).
• Kontrolerende of bestraffende maatreëls uitvoer.

Gebruik:
• 'n Polisieman moet binne die raamwerk van die wet optree.
• Die vertoning trek jaarliks duisende mense met dosyne kunstenaars wat optree.
• Die skoolhoof gaan ernstig teenoor leerders wat rook optree.

Spreekwoord:
• Soos een man optree. [Eenparig wees.]

Vertaling:
Engels: to act, perform
Nederlands: optreden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: optrede
Volgende onderwerp: opvoer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:50:50 MGT 2024