Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » optel
optel [boodskap #128853] Do, 26 Desember 2019 20:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
optel
Afbreking: op•tel
Samestelling: op + tel


Werkwoord: tel op, optel
Verlede tyd: het opgetel

Betekenis:
• (wiskunde) Getalle bymekaar tel; tot 'n totaal saamvoeg; sommeer.
• Iets oplig van waar dit gestaan of gelê het; hoër lig; in die lug stoot.
• Iets vind wat iemand anders verloor het.

Gebruik:
• As 'n mens 5 en 7 optel, kry jy 12.
• Kan jy die pampoen optel en op die dak sit?
• Hy het R100 in die straat opgetel.

Spreekwoord:
• Iemand uit die as optel. [Iemand uit 'n nederige posisie help.]
• Jou stert teen iemand optel. [Stuurs teen hom/haar wees, parmantig.]
• 'n Dassie aan sy stert optel. [Die onmoontlike probeer doen, want 'n dassie het nie 'n stert nie.]

Sinoniem:
• bymekaartel
• plus
• oplig

Antoniem:
• neersit
• aftrek

Vertaling:
Engels: to add, total; to pick up, lift
Nederlands: optellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opstel
Volgende onderwerp: waadvoël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:44:07 MGT 2024