Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » silhoeët
silhoeët [boodskap #128847] Do, 26 Desember 2019 17:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die silhoeët van 'n man.
Die silhoeët van 'n man.
silhoeët
Afbreking: sil•hoe•ët


Selfstandige naamwoord: silhoeët
Meervoud: silhoeëtte
Verkleinwoord: silhoeëtjie
Meervoud van verkleining: silhoeëtjies

Betekenis:
• Die afbeelding van 'n persoon of ding wat van agter belig is; skaduweekant; skadubeeld.

Gebruik:
• Sy skrik haar boeglam toe sy die silhoeët van 'n man by die voordeur sien.

Afgelei:
• silhoeëtteer

Vertaling:
Engels: silhouette
Nederlands: silhouet

Nota:
• Afgelei van die Franse minister, Etienne de Silhouette, wat uit die kussings gelig is nadat hy swaar belastings ingestel het. 'n Kunsvorm van die tyd, met swart figure teen 'n ligte agtergrond, is na hom vernoem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oppas
Volgende onderwerp: hektaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:41:35 MGT 2024