Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opkom
opkom [boodskap #128842] Do, 26 Desember 2019 14:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die son wat opkom.
Die son wat opkom.
opkom
Afbreking: op•kom
Samestelling: op + kom


Werkwoord: kom op, opkom
Verlede tyd: het opgekom

Betekenis:
• Na bo beweeg; styg.
• Die liggaam in 'n regop posisie bring; jouself reguit maak en omhoog kom; opstaan.
• Aan iets begin dink; 'n idee of gedagte wat opskiet; byval.
• Iemand verdedig; in die bresse tree.

Gebruik:
• Die son kom op. Dit lyk of die maan agter die see opkom.
• Die saad het opgekom. Hy sukkel om uit die bed op te kom.
• Die gedagte het by my opgekom.
• Hy kom op vir die armes van gees.

Spreekwoord:
• Self die mas opkom. [Op eie stoom 'n taak voltooi.]

Sinoniem:
• opgaan

Antoniem:
• afkom
• neerkom
• ondergaan

Vertaling:
Engels: to rise, come up
Nederlands: opkomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opinie
Volgende onderwerp: oplos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:53:15 MGT 2024