Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voëlvry
voëlvry [boodskap #128810] Di, 24 Desember 2019 13:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voëlvry
Afbreking: vo•ël•vry
Samestelling: voël + vry
Uitspraak: /ˈfuə̯ɫfrəɪ̯/


Byvoeglike naamwoord: voëlvry
Attributief: voëlvrye

Betekenis:
• Buite die beskerming van die wet gestel.

Gebruik:
• 'n Persoon wat voëlvry verklaar is geniet nie meer die beskerming van die reg nie, mag nie bystand soos kos kry nie en kan deur enigiemand vervolg word.

Afgelei:
• voëlvryverklaring

Vertaling:
Engels: outlawed
Nederlands: vogelvrij

Nota:
• Waarskynlik van die betekenis dat 'n wilde voël deur enigiemand geskiet kan word. Dit kan ook daarna verwys dat 'n persoon wat voëlvry is nie geregtig is op 'n begrafnis nie en dus aan die voëls oorgelaat is om sy beendere skoon te pik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saad
Volgende onderwerp: onderstreep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:49:41 MGT 2024