Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » olie
olie [boodskap #128789] So, 22 Desember 2019 17:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Motorolie
Motorolie
olie
Afbreking: o•lie
Uitspraak: /ˈʊə̯.li/


Selfstandige naamwoord: olie
Meervoud: olies
Verkleinwoord: olietjie
Meervoud van verkleining: olietjies

Betekenis:
• 'n Dik, vetterige vloeistof wat gebruik word in kos, of in masjiene, of om aan 'n mens te smeer.

Gebruik:
• Hy braai die aartappels in olie.
• Sy smeer olie aan haar lyf.

Spreekwoord:
• Dis olie op die vuur. [Die moeilikheid of toestand word daardeur vererger.]
• Dit is olie in die vuur. [Iets wat 'n saak vererger.]
Olie op die golwe uitstort. [Gesê van iets wat kalmerend werk.]
Olie op die water gooi. [Opgesweepte gevoelens probeer paai.]

Hiperoniem:
• kasterolie
• oliebron
• ruolie
• sonbrandolie
• voedselolie

Vertaling:
Engels: oil
Nederlands: olie


Werkwoord: olie
Verlede tyd: het geolie

Betekenis:
• Olie toedien; met olie smeer.

Gebruik:
• Die fietsketting is stram, olie hom voor jy ry.

Vertaling:
Engels: to oil
Nederlands: oliën

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oefentyd
Volgende onderwerp: olifantbul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:55:26 MGT 2024