Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Nuwejaar
Nuwejaar [boodskap #128784] So, 22 Desember 2019 08:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Nuwejaar
Afbreking: Nu•we•jaar
Samestelling: Nuwe + jaar


Eienaam: Nuwejaar

Betekenis:
• Die eerste dag van die jaar; feesdag om 'n nuwe jaar in te wag; 1 Januarie.

Gebruik:
• 'n Voorspoedige Nuwejaar vir julle almal!
• Die Sjinese Nuwejaar val nie op 1 Januarie nie, maar op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie.

Afgelei:
• Nuwejaarsdag
• Nuwejaarsfees
• Nuwejaarsgroete
• Nuwejaarsviering
• Nuwejaarsvoorneme
• Nuwejaarswens

Vertaling:
Engels: New year's day
Nederlands: Nieuwjaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuuskierig
Volgende onderwerp: oefen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:48:14 MGT 2024