Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kabaal
kabaal [boodskap #128781] So, 22 Desember 2019 07:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kabaal
Afbreking: ka•baal


Selfstandige naamwoord: kabaal
Meervoud: kabale
Verkleinwoord: kabaaltjie
Meervoud van verkleining: kabaaltjies

Betekenis:
• 'n Groot hinderlike lawaai of groot wanorde.
• 'n Klein groepie wat knoei om hulself te bevoordeel; geheime verbond; saamsweerdery; samespanning.

Gebruik:
• Hy skop 'n kabaal op oor die ontydige beurtkrag!
• Die kabaal beplan om die wêreld te vernietig.

Sinoniem:
• bohaai
• herrie
• lawaai
• rumoer

Afgelei:
• kabaalmaker
• kabaalskopper

Vertaling:
Engels: clamour, row, noise; cabal
Nederlands: kabaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beurtkrag
Volgende onderwerp: nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:52:23 MGT 2024