Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neef
neef [boodskap #128761] Sa, 21 Desember 2019 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stamboomdiagram.
'n Stamboomdiagram.
neef
Afbreking: neef
Uitspraak: /niə̯f/


Selfstandige naamwoord: neef
Meervoud: neefs
Verkleinwoord: nefie
Meervoud van verkleining: nefies

Betekenis:
• Die seun van jou broer of suster (ook jou swaer of skoonsuster); broerskind of susterskind.
• Die seun van jou oom of tante, dit wil sê die seun van jou ma/pa se broer/suster; oomskind.
• Aanspreekvorm vir 'n manlike persoon wat jonger of ongeveer van dieselfde ouderdom as die spreker is.

Gebruik:
• My suster se seun is gister gebore. Ek kan nie wag om my nefie te sien nie.
• Ek en my neef is baie na aan mekaar.
• Dag Neef. Wie se neef is jy?

Antoniem:
• niggie

Afgelei:
• kleinneef
• agterneef
• agterkleinneef

Vertaling:
Engels: nephew; cousin
Nederlands: neef

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: natuurbewaring
Volgende onderwerp: neer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:51:21 MGT 2024