Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klad
klad [boodskap #128743] Wo, 18 Desember 2019 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klad
Afbreking: klad
Uitspraak: /klat/


Selfstandige naamwoord: klad
Meervoud: kladde
Verkleinwoord: kladjie
Meervoud van verkleining: kladjies

Betekenis:
• 'n Vlek deur 'n vloeibare stof soos ink of vet.
• (figuurlik) 'n Beskuldiging teen iemand.

Gebruik:
• Hy droog die inkpen se klad op.
• Dit is 'n klad op sy goeie naam.

Afgelei:
• kladboek
• kladpapier
• kladwerk

Vertaling:
Engels: stain, blot, spot
Nederlands: klad


Werkwoord: klad
Verlede tyd: het geklad
Teenwoordige deelwoord: kladdende

Betekenis:
• 'n Merk of vlek maak.
• Met kladpapier opdroog.

Gebruik:
• Die outydse inkpenne kon maklik klad.
Klad die bladsy voordat jy dit omdraai om te keer dat die ink smeer.

Vertaling:
Engels: to stain; to dry with a paper or cloth
Nederlands: kladden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kneg
Volgende onderwerp: kragstasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:48:07 MGT 2024