Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kneg
kneg [boodskap #128742] Wo, 18 Desember 2019 20:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kneg
Afbreking: kneg
Uitspraak: /knɛχ/


Selfstandige naamwoord: kneg
Meervoud: knegte
Verkleinwoord: kneggie
Meervoud van verkleining: kneggies

Betekenis:
• 'n Manlike persoon wat iets of iemand anders dien; 'n dienaar of bediende.

Gebruik:
• Hy was 'n kneg, maar nou is hy 'n ryk boer.

Spreekwoord:
• Liewer klein heer as groot kneg. [Liewer op klein skaal baas as ryk en 'n ondergeskikte.]
• Klein baas is beter as groot kneg. [Dis beter om selfstandig te wees, al is dit op klein skaal, as om 'n dienaar van ander te wees]

Afgelei:
• dienskneg
• perdekneg
• verkneg

Vertaling:
Engels: servant, slave, foreman
Nederlands: knecht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dinamo
Volgende onderwerp: klad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:55:12 MGT 2024