Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gal
gal [boodskap #128735] Wo, 18 Desember 2019 17:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gal
Afbreking: gal


Selfstandige naamwoord: gal
Meervoud: galle
Verkleinwoord: galletjie
Meervoud van verkleining: galletjies

Betekenis:
• 'n Geelgroen, alkaliese vloeistof met 'n bitter smaak wat deur die lewer in die duodenum (twaalfvingerige derm) afgeskei word; vloeistof wat deur die lewer geproduseer en in die galblaas gestoor word.
• (figuurlik) Iets wat baie bitter is.

Gebruik:
• Die antieke Grieke het gal, bloed, woede en slym as die vier vloeistowwe (humores) van die liggaam beskou.
• Die koffie is so bitter soos gal.

Spreekwoord:
• Hy braak gal. [Teen iets uitvaar.]
• Hy doop sy pen in gal. [Bitter oor iets skryf.]
• Met sy gal werk. [Iemand sterk berispe, kwaai bestraf of swaar kasty.]
• Heuning in die mond, gal in die hart. [Agter die vleitaal skuil bitterheid.]

Sinoniem:
• lewervog

Afgelei:
• bittergallig
• galsig
• galaandoening
• galblaas
• galontsteking
• galsteen
• swatgallig
• vergal

Vertaling:
Engels: gall, bile, spleen
Nederlands: gal

Nota:
• In die verlede is gedink dat gal 'n byproduk van die verteringsproses is en dat dit tot melancholie (teneergedruktheid, neerslagtigheid) aanleiding gee. Die terme swartgallig en bittergallig is oorblyfsels van hierdie siening.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: galsug
Volgende onderwerp: kankerbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:45:07 MGT 2024