Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dimensie
dimensie [boodskap #128728] Wo, 18 Desember 2019 06:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dimensie
Afbreking: di•men•sie
Uitspraak: /ˌdiˈmɛn.si/


Selfstandige naamwoord: dimensie
Meervoud: dimensies

Betekenis:
• 'n Afmeting in 'n bepaalde rigting.
• (wiskunde) Een van die parameters wat 'n ruimte beskryf, soos hoogte, breedte en diepte.
• Die kategorie waartoe 'n bepaalde meetbare grootheid behoort.
• Een van die aspekte van 'n toestand.

Gebruik:
• Het jy die dimensies van die raam reg gemeet?
• 'n Ruimte wat met die koördinate (x,y,z) beskryf word, het drie dimensies.
• Volgens die SI-stelsel is die dimensie van lengte se eenheid die meter, en die dimensie van tyd se eenheid die sekonde.
• Die rou realisme word stadig deurspek met beelde wat 'n mitiese dimensie herberg.

Afgelei:
• dimensionaal

Homofoon
• demensie (kranksinnigheid)

Vertaling:
Engels: dimension
Nederlands: dimensie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stadspoort
Volgende onderwerp: demensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:20:31 MGT 2024