Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » myn
myn [boodskap #128714] Ma, 16 Desember 2019 16:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mynwerker wat goud myn.
'n Mynwerker wat goud myn.
myn
Afbreking: myn


Selfstandige naamwoord: myn
Meervoud: myne
Verkleinwoord: myntjie
Meervoud van verkleining: myntjies

Betekenis:
• Plek waar delfstowwe ontgin word; waar daar diep in die aarde vir goud, diamante, ens. gegrawe word.
• 'n Wapen gevul met springstof wat by aanraking ontplof.

Gebruik:
• Die myn moes sy bedrywighede weens beurtkrag staak.
• Die soldaat het sy been verloor toe hy die myn aftrap.

Hiponiem:
• diamantmyn
• goudmyn
• koolmyn
• kopermyn
• silwermyn
• steenkoolmyn
• seemyn

Afgelei:
• mynbou
• mynskag

Vertaling:
Engels: mine, pit
Nederlands: mijn


Werkwoord: myn
Verlede tyd: het gemyn

Betekenis:
• Vir delfstowwe grawe.

Gebruik:
• Diamante word in Kimberley gemyn.

Vertaling:
Engels: to mine
Nederlands: mijnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: musikant
Volgende onderwerp: myne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:18:15 MGT 2024