Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meneer
meneer [boodskap #128682] Sa, 14 Desember 2019 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meneer
Afbreking: me•neer


Selfstandige naamwoord: meneer
Meervoud: menere
Verkleinwoord: meneertjie
Meervoud van verkleining: meneertjies

Betekenis:
• Formele aanspreekvorm vir 'n man.
• 'n Man wat 'n onderwyser is.

Gebruik:
• Goeiemôre meneer, hoe kan ek u help?
• Ons meneer deel alte graag huiswerk uit.

Spreekwoord:
Meneer voor en meneer agter. [Gesê as iemand oordrewe beleef is.]
• Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa smeer. [Wie sal die handewerk doen as almal geleerd is.]

Antoniem:
• juffrou
• mevrou

Afkorting:
• mnr.

Vertaling:
Engels: mister, gentleman, sir
Nederlands: meneer

Nota:
• Afkomstig van die Middelnederlandse "mijnhere", letterlik "my" + "heer".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: melk
Volgende onderwerp: meng
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:39:34 MGT 2024