Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » melk
melk [boodskap #128681] Sa, 14 Desember 2019 07:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Glas melk.
'n Glas melk.
melk
Afbreking: melk
Uitspraak: /mɛɫk/


Selfstandige naamwoord: melk
Meervoud: melke
Verkleinwoord: melkie
Meervoud van verkleining: melkies

Betekenis:
• Wit vloeistof van koeie en bokke wat 'n mens kan drink of in kos gebruik; voedsame vog uit die melkkliere van vroulike soogdiere.
• Wit, melkagtige sap van sekere plante en vrugte.

Gebruik:
• Gaan koop vir ons melk by die kafee.
• Daar is talle plantaardige melke op die mark, o.a. van amandel, hawer, soja en klapper.

Spreekwoord:
• Die melk uit iemand se koffie steel. [Fyn skelm wees.]
• Die land loop oor van melk en heuning. ['n Land waar alles volop is.]
• Dis nie die koei wat die hardste bulk wat die meeste melk gee nie. [Dis nie grootste prater wat die meeste doen nie.]

Hiponiem:
• beesmelk
• bokmelk
• borsmelk
• dikmelk
• kondensmelk
• langlewemelk
• melkpoeier
• suurmelk
• volmelk

Afgelei:
• melkbeker
• melkemmer
• melkglas
• melkkan
• melkkos
• melkman
• melkooi

Vertaling:
Engels: milk
Nederlands: melk


Werkwoord: melk
Verlede tyd: het gemelk
Teenwoordige deelwoord: melkende

Betekenis:
• Om melk uit die uier van 'n dier te kry; moedersmelk uit die spene van 'n koei druk.

Gebruik:
• Die boer melk die koeie elke oggend.

Afgelei:
• uitmelk

Vertaling:
Engels: to milk
Nederlands: melken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meet
Volgende onderwerp: meneer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:37:19 MGT 2024