Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meet
meet [boodskap #128680] Sa, 14 Desember 2019 07:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Maatband waarmee die lengte van voorwerpe gemeet word.
'n Maatband waarmee die lengte van voorwerpe gemeet word.
meet
Afbreking: meet


Werkwoord: meet
Verlede tyd: het gemeet
Teenwoordige deelwoord: metende

Betekenis:
• Om die mate of omvang te bepaal; vasstel hoe lank, breed of wyd iets is.

Gebruik:
• Hy meet die lengte van die kamer met 'n maatband.

Spreekwoord:
• Met twee mate meet. [Onregverdig wees.]
• Hy meet sy lengte op die grond. [Hy val plat neer.]
• Om te meet is om te weet. [Feite word deur meting bepaal.]
• Met die maat waarmee jy meet, sal jy gemeet word. [Soos jy iemand behandel, sal jy ook behandel word.]

Sinoniem:
• bepaal
• peil
• vasstel

Hiponiem:
• afmeet
• opmeet
• uitmeet

Afgelei:
• meetbaar
• meetband
• meetinstrument
• meetkunde
• meetlat
• meetprosedures
• meetstok
• meettoerusting
• meetwiel

Vertaling:
Engels: to measure
Nederlands: meten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meester
Volgende onderwerp: melk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:35:50 MGT 2024