Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meester
meester [boodskap #128679] Sa, 14 Desember 2019 07:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meester
Afbreking: mees•ter
Uitspraak: /ˈmiə̯stər/


Selfstandige naamwoord: meester
Meervoud: meesters
Verkleinwoord: meestertjie
Meervoud van verkleining: meestertjies

Betekenis:
• Iemand wat baie goed is met iets; groot kunstenaar, geleerde, iemand wat in iets uitblink.
• 'n Eienaar, baas of bestuurder; iemand die mag en gesag het.
• 'n Onderwyser; skoolmeester.
• Die akademiese graad van magister

Gebruik:
• Sy is 'n meester in kosmaak.
• Hy is die heer en meester oor die gebied.

Spreekwoord:
• Heer en meester wees. [In alle opsigte baas wees.]
• Oefening maak die meester. [Deur oefening leer 'n mens.]
• Die oog van die meester maak die perd vet. [As jy self na jou sake kyk, trek jy die meeste voordeel.]

Antoniem:
• ondergeskikte
• leerling
• leerder
• slaaf

Afkorting:
• mr.

Vertaling:
Engels: master; teacher
Nederlands: meester

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meeldraad
Volgende onderwerp: meet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:38:21 MGT 2024