Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » masjien
masjien [boodskap #128674] Vr, 13 Desember 2019 20:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Masjien wat sigarette rol, in 1880 deur James Albert Bonsack gebou.
'n Masjien wat sigarette rol, in 1880 deur James Albert Bonsack gebou.
masjien
Afbreking: ma•sjien


Selfstandige naamwoord: masjien
Meervoud: masjiene
Verkleinwoord: masjientjie
Meervoud van verkleining: masjientjies

Betekenis:
• 'n Toestel met bewegende dele wat 'n taak verrig; werktuig wat energie gebruik om goed te doen of te maak.
• 'n Enjin of motor wat een vorm van beweging of energie in 'n ander vorm van beweging of energie omsit.

Gebruik:
• 'n Masjien het gebreek en die fabriek se produksielyn tot stilstand geruk.
• 'n Helikopter se rotor word deur 'n masjien aangedryf.

Hiponiem:
• boormasjien
• dieselmasjien
• koffiemasjien
• naaimasjien
• skuurmasjien
• slypmasjien
• wasmasjien

Afgelei:
• masjineer
• masjienbou
• masjiengeweer
• masjienkamer
• masjienkap
• masjinis
• masjiniste
• masjienwerk

Vertaling:
Engels: machine, engine
Nederlands: machine

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: markdag
Volgende onderwerp: mat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:37:55 MGT 2024