Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » marathon
marathon [boodskap #128672] Vr, 13 Desember 2019 19:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Atlete wat 'n marathon hardloop.
Atlete wat 'n marathon hardloop.
marathon
Afbreking: ma•ra•thon


Selfstandige naamwoord: marathon
Meervoud: marathons

Betekenis:
• (sport) Wedloop oor 'n afstand van 42,2 km (26 myl en 385 treë). 'n Half maraton is 21.1 km.
• (figuurlik) Enige gebeurtenis wat lank aanhou en uithouvermoë verg.

Gebruik:
• Vir meeste hardlopers is die marathon die langste wedren wat hulle ooit sal aandurf.
• Die sitting was 'n marathon wat tot die vroeë oggendure geduur het.

Wisselvorm:
• maraton

Afgelei:
• marathonloper
• marathonwedloop

Vertaling:
Engels: marathon
Nederlands: marathon

Nota:
• Volgens oorlewering het 'n boodskapper 42 km vanaf die stad Marathon tot in Athene gehardloop om nuus van 'n Griekse oorwinning oor die Perse te bring. Ná die tog het hy van uitputting inmekaargestort en gesterf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mandjie
Volgende onderwerp: markdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:34:55 MGT 2024