Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mandjie
mandjie [boodskap #128671] Vr, 13 Desember 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mandjie met appels.
'n Mandjie met appels.
mandjie
Afbreking: mand•jie


Selfstandige naamwoord: mandjie
Meervoud: mandjies
Verkleinwoord: mandjietjie
Meervoud van verkleining: mandjietjies

Betekenis:
• 'n Houer met 'n handvatsel van gevlegte riet, gras of draad.

Gebruik:
• Sy het die kos vir die piekniek in 'n mandjie gepak.

Spreekwoord:
• Met die hele mandjie patats uitkom. [Die geheime openbaar.]
• Water in 'n mandjie dra. [Iets wat onmoontlik is, probeer doen.]

Afgelei:
• snippermandjie
• vismandjie
• vrugtemandjie
• wasgoedmandjie
• winkelmandjie

Vertaling:
Engels: basket, hamper
Nederlands: mand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mamba
Volgende onderwerp: marathon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:40:41 MGT 2024