Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mal
mal [boodskap #128669] Vr, 13 Desember 2019 14:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mal
Afbreking: mal


Byvoeglike naamwoord: mal
Vergrotende trap: maller
Oortreffende trap: malste
Attributief: malle
Partitief: mals
Intensief: aapmal, haasmal, stapelmal

Betekenis:
• Met 'n gebrek aan gesonde verstand; verstandelik siek; kranksinnig.
• Sommer laf en verspot.
• Baie van iets hou.

Gebruik:
• In 1913 is die mal koning Otto van Beiere deur sy neef, kroonprins Ludwig, onttroon.
• Jy moet mal wees om 'n Land Rover te koop.
• Ek is mal oor jou mooi oorbelle.

Vergelyking:
• So mal soos 'n haas. [Baie mal, totaal gek.]

Sinoniem:
• dwaas
• gek
• laf
• verspot

Antoniem:
• normaal

Afgelei:
• malhuis
• maltrap
• mal-wetenskaplike

Vertaling:
Engels: mad, insane; foolish, silly; crazy about
Nederlands: mal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: radikaalgesind
Volgende onderwerp: mamba
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:37:58 MGT 2024