Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maat
maat [boodskap #128662] Do, 12 Desember 2019 19:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maat
Afbreking: maat
Uitspraak: /mɑːt/


Selfstandige naamwoord: maat
Meervoud: maats, maters
Verkleinwoord: maatjie
Meervoud van verkleining: maatjies

Betekenis:
• 'n Vriendelike kennis; vriend of vriendin. Iemand saam met wie 'n mens graag tyd spandeer en dinge saam doen.

Gebruik:
• Hy het by sy maat gaan speel.

Spreekwoord:
• Elke Jan Rap en sy maat was daar. [Enige persoon; almal.]

Wisselvorm:
• mater

Sinoniem:
• kameraad
• makker
• pel
• vriend

Antoniem:
• vyand

Hiponiem:
• huweliksmaat
• lewensmaat
• lidmaat
• klasmaat
• selmaat
• spanmaat
• speelmaat

Vertaling:
Engels: friend, playmate, buddy, companion
Nederlands: maat


Selfstandige naamwoord: maat
Meervoud: mate
Verkleinwoord: maatjie
Meervoud van verkleining: maatjies

Betekenis:
• 'n Eenheid van lengte, oppervlakte of inhoud; 'n afmeting.
• Die manier hoe musiek by tyd ingedeel is.

Gebruik:
• Om die presiese maat af te meet, word 'n maatbeker gebruik.
• Sy dans op die maat van die musiek.

Spreekwoord:
• Met die maat waarmee jy meet, sal jy gemeet word. [Soos jy iemand behandel, sal jy ook behandel word.]

Hiponiem:
• inhoudsmaat
• lengtemaat
• tonnemaat
• vogmaat

Afgelei:
• maatbeker
• maatkolf

Vertaling:
Engels: measure; beat
Nederlands: maat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maal
Volgende onderwerp: maer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:38:31 MGT 2024