Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maal
maal [boodskap #128661] Do, 12 Desember 2019 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maal
Afbreking: maal


Selfstandige naamwoord: maal
Meervoud: male

Betekenis:
• 'n Keer; herhalende voorval of terugkerende gebeurtenis.

Gebruik:
• Hoeveel maal moet ek jou vra om jou huiswerk te doen?

Spreekwoord:
• Een maal in 'n blou maand. [Selde.]
• Moenie die aartappels twee maal skil nie. ['n Ding net een maal doen of sê.]
• 'n Donkie stamp hom twee maal aan dieselfde klip. [Net 'n dom mens maak dieselfde fout.]
• Die perd wat die korrels verdien, kry baie maal die strooi. [Verdienste word nie altyd beloon nie.]
• 'n Esel stamp hom nie twee maal aan dieselfde klip nie. [Wie iets onaangenaams ondervind het, vermy dit voortaan.]

Sinoniem:
• keer

Afgelei:
• baiemaal
• telkemaal

Vertaling:
Engels: time, occasion
Nederlands: maal


Selfstandige naamwoord: maal
Meervoud: male

Betekenis:
• 'n Ete; maaltyd.

Gebruik:
• Hulle eet 'n driegangmaal.

Spreekwoord:
• Dis mosterd na die maal. [Te laat.]

Afgelei:
• bruilofsmaal
• driegangmaal
• feesmaal
• kersmaal
• koningsmaal

Vertaling:
Engels: meal
Nederlands: maal


Werkwoord: maal
Verlede tyd: het gemaal
Teenwoordige deelwoord: malende
Verlede deelwoord: gemaalde

Betekenis:
• Om fyn te maak.
• Om in die rondte te draai of onrustig rond te beweeg.
• Om getalle te vermenigvuldig.

Gebruik:
• Hy maal vleis om wors te maak. Sy maal vars koffiebone.
• Die dag se gebeure maal in sy kop.
• Vyf maal ses is dertig.

Spreekwoord:
• Dit maal in sy kop. [Hy dink gedurig aan iets.]
• Twee harde stene maal nie. [Twee hardkoppige mense kan nie met mekaar oor die weg kom nie.]

Afgelei:
• maalgat
• maalklip
• maalstroom
• maalsteen
• maaltand

Vertaling:
Engels: to grind, mill; to circle round, turn, swirl; to multiply
Nederlands: malen; malen; vermenigvuldigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lyn
Volgende onderwerp: maat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:32:21 MGT 2024