Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liter
liter [boodskap #128657] Do, 12 Desember 2019 14:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
liter
Afbreking: li•ter


Selfstandige naamwoord: liter
Meervoud: liters
Verkleinwoord: litertjie
Meervoud van verkleining: litertjies

Betekenis:
• Eenheid waarin vloeistof gemeet word. Een liter is gelyk aan 1000 milliliter, 0,001 kiloliter, 0,001 kubieke meter of een kubieke desimeter.

Gebruik:
• Koop 2 liter melk asseblief.

Afkorting:
• ℓ
• l
• L

Afgelei:
• desiliter
• hektoliter
• kiloliter
• milliliter
• sentiliter

Vertaling:
Engels: litre
Nederlands: liter

Nota:
• As 'n telwoord voor "liter" gebruik word, gebruik mens die enkelvoudsvorm: 40 liter water.
• Liter kan met die kleinletter l, of die hoofletter L afgekort word, om verwarring met die syfer 1 (een) te voorkom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: regs
Volgende onderwerp: loer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:39:16 MGT 2024