Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lied
lied [boodskap #128646] Wo, 11 Desember 2019 06:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorblad van die Volksangbundel vir Suid-Afrika.
Voorblad van die Volksangbundel vir Suid-Afrika.
lied
Afbreking: lied
Uitspraak: /lit/


Selfstandige naamwoord: lied
Meervoud: liedere
Verkleinwoord: liedjie
Meervoud van verkleining: liedjies

Betekenis:
• 'n Stuk musiek met woorde by wat gesing word; digstuk wat gesing kan word.
• Melodie alleen, soos die sang van 'n voël.

Gebruik:
• Sy luister graag na die liedjies op die radio.
• Hy loop met 'n lied in sy hart.

Spreekwoord:
• Hy sit die lied te hoog in. [Te gou groot vriende word.]

Afgelei:
• aandlied
• loflied
• kerklied
• kerslied
• volkslied
• temalied
• treurlied

Vertaling:
Engels: song, hymn, anthem
Nederlands: lied
Venda: ngosha, luimbo
Zoeloe: iculo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lewendig
Volgende onderwerp: liefdevol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 06:02:36 MGT 2024