Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewendig
lewendig [boodskap #128645] Wo, 11 Desember 2019 05:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewendig
Afbreking: le•wen•dig


Byvoeglike naamwoord: lewendig
Vergrotende trap: lewendiger
Oortreffende trap: lewendigste
Attributief: lewendige
Partitief: lewendigs
Intensief: springlewendig

Betekenis:
• Iets of iemand wat nog leef en nie dood is nie.
• Iets of iemand wat baie krag het en baie besig is; aktief; op-en-wakker.

Gebruik:
• Is my plante nog lewendig? Moenie vergeet om hulle nat te gooi nie.
• Dit is 'n lewendige hondjie. Die lewendige gesprek het 'n verrassende wending geneem.

Afgelei:
• lewendigheid

Antoniem:
• dood
• dooierig

Vertaling:
Engels: living, alive; lively, active
Nederlands: levendig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: letter
Volgende onderwerp: lied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 06:02:17 MGT 2024