Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » letter
letter [boodskap #128644] Wo, 11 Desember 2019 05:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Letters en syfers.
Letters en syfers.
letter
Afbreking: let•ter
Uitspraak: /ˈlɛ.tər/


Selfstandige naamwoord: letter
Meervoud: letters
Verkleinwoord: lettertjie
Meervoud van verkleining: lettertjies

Betekenis:
• Die tekens wat mens maak as jy skryf; 'n simbool (skryfteken of figuur) wat 'n klank in skrif en druk voorstel.

Gebruik:
• Die letter 'j' is die tiende letter van die alfabet.
• Daar is 26 letters in die alfabet.

Spreekwoord:
• Elke ketter het sy letter. [Elkeen weet hoe om redes vir sy bewerings te kry.]
• Hy doen dit volgens die letter van die wet. [Presies soos die wet dit letterlik neerlê.]
• Na die letter en na die gees. [Presies soos dit geskrywe staan en soos die eerlike bedoeling is.]

Sinoniem:
• karakter

Hiponiem:
• hoofletter
• kleinletter

Afgelei:
• lettergreep
• lettergrootte
• letterkas
• letterkunde
• lettersoort
• letterteken
• lettertipe

Vertaling:
Engels: letter, character, type
Nederlands: letter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lessenaar
Volgende onderwerp: lewendig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:58:34 MGT 2024