Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlei
vlei [boodskap #128642] Di, 10 Desember 2019 20:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vlei.
'n Vlei.
vlei
Afbreking: vlei


Selfstandige naamwoord: vlei
Meervoud: vleie
Verkleinwoord: vleitjie
Meervoud van verkleining: vleitjies

Betekenis:
• Moerasagtige laagte; waterdeurdrenkte gebied waarin mens in maklik kan wegsink.

Gebruik:
• 'n Vleie is in werklikheid klein moeras en het dus baie dieselfde eienskappe as moerasse.

Afgelei:
• valeiloerie
• valeirot

Vertaling:
Engels: hollow, marsh, swamp, wetland, vlei
Nederlands: moeras, broek


Werkwoord: vlei
Verlede tyd: het gevlei

Betekenis:
• Iemand met 'n doel aangename of gunstige dinge vertel; heuning om die mond smeer; flikflooi.

Gebruik:
• Sy vlei hom sodat hy vir haar gunsies sal doen.

Afgelei:
• vleiend
• vleier
• vleierig
• vleitaal

Homofoon:
• vly (saggies en gerieflik neerlê)

Vertaling:
Engels: to flatter, coax, wheedle, cajole
Nederlands: vleien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vly
Volgende onderwerp: lessenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:59:15 MGT 2024