Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » les
les [boodskap #128637] Di, 10 Desember 2019 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Les.
'n Les.
les
Afbreking: les
Uitspraak: /lɛs/


Selfstandige naamwoord: les
Meervoud: lesse
Verkleinwoord: lessie
Meervoud van verkleining: lessies

Betekenis:
• 'n Kort periode van onderrig.
• Die hoeveelheid inligting wat op 'n keer aan iemand geleer word.
• Iets wat iemand op sy eie of deur ervaring leer.

Gebruik:
• Leerders word nie gedurende die les toegelaat om het hul selfone te speel nie.
• Die kursus bestaan uit 10 lesse van 30 minute elk.
• Dit was 'n les wat hy nie maklik sal vergeet nie.

Spreekwoord:
• Hy laat my les opsê. [Ek kry dit moeilik.]

Sinoniem:
• klas
• leerstuk
• lering

Hiponiem:
• dansles
• geskiedenisles
• klavierles
• leesles
• musiekles
• ryles
• sangles
• skaakles
• swemles

Afgelei:
• leseenheid
• lesfase
• lesgee
• lesgeld
• lesreeks
• lesrooster

Vertaling:
Engels: lesson, lecture
Nederlands: les


Werkwoord: les
Verlede tyd: het geles

Betekenis:
• Iets (soos 'n dors) wegneem; laat ophou of stil.

Gebruik:
• Nadat hy gedraf het drink hy 'n glas water om sy dors te les.

Vertaling:
Engels: to quench, slake
Nederlands: lessen


Byvoeglike naamwoord: les
Attributief: leste

Betekenis:
• Laaste.

Gebruik:
Les bes (ten laaste beste) het alles goed uitgewerk.

Vertaling:
Engels: last
Nederlands: les

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lepel
Volgende onderwerp: leser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 06:01:48 MGT 2024