Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lepel
lepel [boodskap #128636] Di, 10 Desember 2019 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lepels
Lepels
lepel
Afbreking: le•pel


Selfstandige naamwoord: lepel
Meervoud: lepels
Verkleinwoord: lepeltjie
Meervoud van verkleining: lepeltjies

Betekenis:
• Deel van eetgerei waarmee geskep word, gewoonlik met 'n hol bakvormige deel en 'n lang steel.
• Voorwerp wat aan 'n lepel herinner (soos 'n motor se versneller).

Gebruik:
• Ek neem een lepel suiker, dankie.
• Pappa trap die lepel sodat ons vinniger kan ry.

Spreekwoord:
• Met die goue lepel gebore. [Baie voorspoedig.]
• Hy het die lepel in die dak gesteek. [Doodgaan.]
• Met die lepel ingee. [Dinge vir iemand so eenvoudig as moontlik maak om te verstaan.]
• Solank as wat die lepel in die pappot staan. [Solank as daar iets is om te eet.]
• Van die lepel na die mond, val die pap op die grond. [Moet nooit te seker van iets wees nie.]
• Jy vang meer vlieë met 'n lepel stroop as met 'n vat asyn. [Met sagtheid bereik jy meer as met geweld.]
• Die vrou dra meer uit met die lepel as die man inbring met die skepel. ['n Vrou wat nie spaar nie, ruïneer haar man.]
• Wie met die duiwel uit een skottel eet, 'n lang lepel hê. [Wie met slegte mense sake doen, moet verwag om gekul te word.]

Afgelei:
• dessertlepel
• eetlepel
• maatlepel
• opskeplepel
• skeplepel
• soplepel
• teelepel

Verwant:
• mes
• vurk

Vertaling:
Engels: spoon, ladle
Nederlands: lepel

Nota:
• Die woord "lepel" is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lemoen
Volgende onderwerp: les
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 06:03:37 MGT 2024