Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lelik
lelik [boodskap #128634] Di, 10 Desember 2019 15:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lelik
Afbreking: le•lik


Byvoeglike naamwoord: lelik
Vergrotende trap: leliker
Oortreffende trap: lelikste
Attributief: lelike
Partitief: leliks
Intensief: hondlelik, skreeulelik, vreklelik

Betekenis:
• Nie lekker om na te kyk of te luister nie.
• Wat baie sleg of baie ernstig is.

Gebruik:
• Sjoe, maar daai huis is lelik.
• Dis 'n is baie lelik om so met jou ouers te praat. Hulle het verby 'n lelike ongeluk gery.

Spreekwoord:
• As lelik 'n siekte was, was iemand lankal dood. [Iemand is baie lelik.]
• Oor mooi en lelik kan 'n mens nie stry nie. [Elke mens het sy eie idee van skoonheid.]

Vergelyking:
• So lelik soos die nag.

Sinoniem
• aaklig
• afskuwelik
• afgryslik

Antoniem:
• mooi
• pragtig

Vertaling:
Engels: ugly, deformed; nasty, bad
Nederlands: lelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leidraad
Volgende onderwerp: lemoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 06:05:41 MGT 2024