Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wysheid
wysheid [boodskap #128487] So, 24 November 2019 10:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wysheid
Afbreking: wys•heid
Uitspraak: /ˈvəi̯s.ɦəi̯t/


Selfstandige naamwoord: wysheid
Meervoud: wyshede

Betekenis:
• Die vermoë om dinge met rype insig en gesonde verstand te doen.

Gebruik:
• Om kennis te verkry, moet 'n mens studeer, maar om wysheid te verkry, moet 'n mens dinge ervaar en verstaan.
• Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of ná jou sal hê nie. [1 Konings 3:10-12]

Spreekwoord:
• Die wysheid kom met die grysheid. [Ou mense het baie kennis en ervaring.]
• Job se geduld en Salomo se wysheid. [Met baie geduld en bekwaamheid.]
• Dit was meer geluk as wysheid. [Die sukses is meer aan geluk as aan iets anders te danke.]
• Die wyn is in die man, nou is die wysheid in die kan. [As jy besope is, doen jy dom dinge.]

Sinoniem:
• begrip
• ervarenheid
• insig
• lewenservaring
• raadsaamheid
• skranderheid
• vernuftigheid
• verstandigheid

Antoniem:
• onwysheid

Hiponiem:
• alwysheid
• lewenswysheid
• neuswysheid
• openbaringswysheid
• skoolwysheid
• staatsmanswysheid
• volkswysheid
• waanwysheid
• wêreldwysheid

Vertaling:
Engels: wisdom
Nederlands: wijsheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: publikasie
Volgende onderwerp: enersyds
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 05:28:47 MGT 2024