Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kroon
kroon [boodskap #128485] So, 24 November 2019 09:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19497
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kroon.
'n Kroon.
kroon
Afbreking: kroon
Uitspraak: /krʊə̯n/


Selfstandige naamwoord: kroon
Meervoud: krone
Verkleinwoord: kroontjie
Meervoud van verkleining: kroontjies

Betekenis:
• Hoofdeksel wat deur 'n vors gedrag word.
• (figuurlik) Metafoor vir die "vors".

Gebruik:
• Die koning se kroon skitter van die juwele.
• Daarvoor sal jy toestemming van die kroon moet kry.

Spreekwoord:
• Iemand die kroon van die hoof neem. [In die skande steek.]

Vertaling:
Engels: crown
Nederlands: kroon


Werkwoord: kroon
Verlede tyd: het gekroon
Teenwoordige deelwoord: kronende

Betekenis:
• Iemand tot koning of koningin maak deur hom of haar in 'n seremonie 'n kroon op die kop te sit.

Gebruik:
• Hy is op die dag gekroon.

Vertaling:
Engels: to crown
Nederlands: kronen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekroon
Volgende onderwerp: publikasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 09:01:49 MGT 2024