Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klem
klem [boodskap #128458] Sa, 23 November 2019 05:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klem.
'n Klem.
klem
Afbreking: klem
Uitspraak: /klɛm/


Selfstandige naamwoord: klem
Meervoud: klemme
Verkleinwoord: klemmetjie
Meervoud van verkleining: klemmetjies

Betekenis:
• (gereedskap) 'n Werktuig waarin iets deur druk bymekaar gehou of vasgesit word.

Gebruik:
• Lym die twee stukke en laat dit oornag in die klem om droog te word.

Vertaling:
Engels: clamp, vice
Nederlands: klem


Selfstandige naamwoord: klem
Meervoud:

Betekenis:
• Iets beklemtoon omdat dit belangrik is; benadruk.

Gebruik:
• Die onderwyser het daarop klem gelê dat ons betyds by die skool moet wees.

Vertaling:
Engels: emphasis, accent, stress
Nederlands: klem


Werkwoord: klem
Verlede tyd: het geklem
Teenwoordige deelwoord: klemmende

Betekenis:
• Styf teen mekaar vasdruk.

Gebruik:
• Moenie jou tande so teen mekaar klem nie.

Vertaling:
Engels: to pinch, jam, clench
Nederlands: klemmen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: muf
Volgende onderwerp: klere
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 18:11:31 MGT 2024