Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drif
drif [boodskap #128440] Do, 21 November 2019 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19810
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Drif.
'n Drif.
drif
Afbreking: drif
Uitspraak: /drəf/


Selfstandige naamwoord: drif
Meervoud: driwwe
Verkleinwoord: driffie
Meervoud van verkleining: driffies

Betekenis:
• Vlak plek in 'n rivier waar mense en diere kan oorsteek.

Gebruik:
• Die wa het in die drif vasgeval.

Spreekwoord:
• Hy is deur die drif. [Hy is oor die moeilikheid.]
• Die wa deur die drif trek. [Daarin slaag om 'n moeilike taak te verrig of 'n probleem op te los.]

Vertaling:
Engels: ford, drift
Nederlands: voorde, doorwaadbare plaats


Selfstandige naamwoord: drif
Meervoud: drifte
Verkleinwoord: driffie
Meervoud van verkleining: driffies

Betekenis:
• 'n Serk begeerte; hartstog; drang.
• Blinde woede.

Gebruik:
• Jy moet jou drif in bedwang hou.
• In sy drif het hy die man amper doodgeslaan.

Afgelei:
• driftig

Vertaling:
Engels: passion, urge, strong desire; fit, rage
Nederlands: drift, aandrang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: guur
Volgende onderwerp: oorspoel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Aug 09 09:13:37 MGT 2024