Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strik
strik [boodskap #128436] Do, 21 November 2019 15:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18914
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strik
Afbreking: strik
Uitspraak: /strək/


Selfstandige naamwoord: strik
Meervoud: strikke
Verkleinwoord: strikkie
Meervoud van verkleining: strikkies

Betekenis:
• 'n Knoop met twee lusse.
• 'n Val vir diere.
• Listige plan om iemand te benadeel.

Gebruik:
• Die meisie het 'n strik in haar hare.
• Die stroper het 'n strik gestel om konyne te vang.
• Sy het hom in 'n strik gelei.

Spreekwoord:
• Jou kop in die strik steek. [Jou in moeilikheid begewe; gaan trou.]
• In jou eie strik gevang word. [Deur jou eie toedoen in die moeilikheid beland.]

Afgelei:
• strikvraag
• strikdas
• strikknoop
• valstrik

Vertaling:
Engels: knot, bow; snare, noose, trap
Nederlands: strik


Werkwoord: strik
Verlede tyd: het gestrik

Betekenis:
• 'n Knoop met twee lusse maak.

Gebruik:
Strik jou skoenveter dat ons kan loop.

Vertaling:
Engels: to tie, knot
Nederlands: strikken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klasprojek
Volgende onderwerp: melkooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 16:43:15 MGT 2024