Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leuen
leuen [boodskap #128244] Wo, 06 November 2019 19:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19560
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
leuen
Afbreking: leu•en


Selfstandige naamwoord: leuen
Meervoud: leuens
Verkleinwoord: leuentjie
Meervoud van verkleining: leuentjies

Betekenis:
• 'n Vals of verdraaide weergawe van die werklikheid; 'n onware storie met die bedoeling om te mislei.

Gebruik:
• Niemand hou daarvan as iemand vir hulle 'n leuen vertel nie.

Spreekwoord:
• 'n Leuen het maar 'n kort been. ['n Onwaarheid word gou ontdek.]
• Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. [Leuens kom altyd uit.]
• 'n Leuen in nood is so goed soos 'n stukkie brood. ['n Leuen om jouself of ander uit die moeilikheid te help, kan dalk verskoon word.]

Sinoniem:
• falsiteit
• liegstorie
• onwaarheid

Antoniem:
• waarheid

Afgelei:
• noodleuen
• leuenaar
• leuenares
• leuenagtig
• leuenklikker
• leuenverklikker

Vertaling:
Engels: lie, fib, untruth, falsehood
Nederlands: leugen

Nota:
• Moenie "leuen" met "leun" of "leen" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leun
Volgende onderwerp: klei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 13 22:05:53 MGT 2024