Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » winter
winter [boodskap #128197] Sa, 02 November 2019 18:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19555
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
winter
Afbreking: win•ter
Uitspraak: /ˈvən.tər/


Selfstandige naamwoord: winter
Meervoud: winters
Verkleinwoord: wintertjie
Meervoud van verkleining: wintertjies

Betekenis:
• Die koudste seisoen van die jaar, tussen herfs en lente.

Gebruik:
• In die Suidelike Halfrond val die maande Junie, Julie en Augustus in die winter (meteorologies gesproke).

Spreekwoord:
• Een spreeu maak nog nie 'n winter nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]
• Bewaar elke splinter vir die vuur in die winter. [Maak in voorspoed bymekaar vir tye wanneer daar 'n skaarste is.]

Antoniem:
• somer

Afgelei:
• oorwinter
• winterdag
• winterklere
• winterkoue
• winterlandskap
• wintermaand
• winterslaap
• wintersport

Vertaling:
Engels: winter
Nederlands: winter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heeltyd
Volgende onderwerp: herfs
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 13 10:42:32 MGT 2024