Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebrek
gebrek [boodskap #128018] Di, 15 Oktober 2019 06:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebrek
Afbreking: ge•brek


Selfstandige naamwoord: gebrek
Meervoud: gebreke
Verkleinwoord: gebrekkie
Meervoud van verkleining: gebrekkies

Betekenis:
• 'n Tekort aan iets.
• 'n Liggaamlike fout.

Gebruik:
• Daar is 'n gebrek aan voedsel. 'n Gebrek aan samewerking sal tot ons ondergang lei.
• As gevolg van haar gebrek kan sy nie normaal loop nie.

Spreekwoord:
• Elke gek het sy gebrek. [Niemand is volmaak nie.]
• By gebrek aan brood, eet 'n mens korsies van pastei. [As die gewone dinge ontbreek, gebruik jy iets van groter waarde.]

Sinoniem:
• defek
• tekort

Afgelei:
• gebrekkig
• gebreklik

Vertaling:
Engels: lack, shortage, absence; disability, defect, fault, shortcoming
Nederlands: gebrek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gebreekte
Volgende onderwerp: gedagte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 03:16:46 MGT 2024