Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gawe
gawe [boodskap #128013] Ma, 14 Oktober 2019 06:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gawe
Afbreking: ga•we


Selfstandige naamwoord: gawe
Meervoud: gawes
Verkleinwoord: gawetjie
Meervoud van verkleining: gawetjies

Betekenis:
• Iets wat mens goed doen; 'n besondere aanleg; talent.
• 'n Geskenk.

Gebruik:
• Hy het 'n gawe om almal se name te kan onthou.
• As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom. [1 Petrus 4:11]

Sinoniem:
• talent

Vertaling:
Engels: gift, talent
Nederlands: gave


Byvoeglike naamwoord: gaaf
Vergrotende trap: gawer
Oortreffende trap: gaafste
Attributief: gawe

Betekenis:
• Attributiewe vorm van gaaf. Vriendelik en aangenaam; goed of uitstekend.

Gebruik:
• Die gawe tannie het vir ons melk en koekies gegee.

Antoniem:
• nors
• onvriendelike

Vertaling:
Engels: friendly, likable; fine, good, excellent
Nederlands: gave

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gare
Volgende onderwerp: gebed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:52:17 MGT 2024