Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gans
gans [boodskap #128009] So, 13 Oktober 2019 17:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Twee ganse.
Twee ganse.
gans
Afbreking: gans


Selfstandige naamwoord: gans
Meervoud: ganse
Verkleinwoord: gansie
Meervoud van verkleining: gansies

Betekenis:
• 'n Groot wit of grys watervoël van die familie van eendagtiges (Anatidae), waarvan die lyf groter en die nek langer as die van 'n eend is.

Gebruik:
• Die gans swem met en haar kuikens op die plaasdam.
• 'n Gans gaggel, snater of blaas.

Spreekwoord:
• Stadige gans verloor sy kans. [Deur stadig op te tree, verloor 'n mens goeie kanse.]

Hiponiem:
• blesgans
• kolgans
• sneeugans
• wildegans

Afgelei:
• gansmannetjie
• ganswyfie

Vertaling:
Engels: goose
Nederlands: gans


Byvoeglike naamwoord: gans
Attributief: ganse

Betekenis:
• Die hele.

Gebruik:
• Ons was die ganse dag by die hospitaal.

Engels: all, entire, whole
Nederlands: gans


Bywoord: gans

Betekenis:
• Heeltemal; totaal.

Gebruik:
• Hulle bly gans en al te ver.

Engels: absolutely, entirely
Nederlands: gans

Nota:
• Versamelnaam: trop ganse.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gaar
Volgende onderwerp: garage
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 03:11:31 MGT 2024